Ek kyk op na die hemel ruim,
die melkweg met al sy prag.
Soekend na die Suiderkruis
om my voet die pad aan te wys.
Ek staan en roep uit na die Goddelikheid
om my pad vir my aan te wys.
Die pad wat my sal lei,
terug na jou.
Ek kyk op
en volg die Suiderkruis se stert.
Sy heel laaste ster
hang reg bokant jou.
Ek kyk op na die hemel ruim,
sien die sterre prag.
Die heel mooiste ster...
Sit vir my en wag.
Sunday, March 18, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
1 comment:
Frans dis 'n heel mooiste gedig - ek's mal hieroor!
Is hy al op woes ook? dan het ek hom mis gelees, dink jy moet hom daar ook plaas (asof jy nou moet luister na wat ek sê, giggel)
hoe besluit jy waar om watter te post?
Post a Comment