Jy, teen die muur.
Sprankeling in jou oë,
duistere uitdrukking op jou gesig.
Dis waarna ek al so lank verlang.
Jy vat my siel en speel met my gedagtes
en strome van herinneringe flits my verby.
Oomblikke wat gedeel was
in die vryheid van twee siele wat een oomblik beleef.
Ek beweeg deur jou binne ruim,
deur ‘n kloof,
oor oop paaie en draai digby Stillbaai.
Maar jy staan net teen die muur,
jou oë sprankel,
maar jou woorde maak net seer.
Friday, March 16, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
1 comment:
Frans - ek merk jy gebruik die woord "duister" nogal baie - gaan sit bietjie met die woordeboek en loer watter anner sinonieme kan jy mee speel, vir dieselfde (of dalk selfs beter?) effek. (skuus ek verstout my die kommin-taar, vergewe my maar?)
Mens sou hier selfs iets soos versluier kon oorweeg. Anders moet die duister in van die ander gedigte dalk anner woorde raak (siende dat die een se naam ook dit herhaal)
ewewel, daar het jy nou 'n bekvol van my (ongevraagde) menings, en ek weet eintlik niks, ek leer ook maar.
groete!
Post a Comment