Eensaamheid bekruip my en druk my vas in ʼn hoek
en omkring my met sy koue donker swart gal smaak.
Ek skreeu om hulp
en druk my hand die hoogtes in,
maar daar is geen antwoord.
Geen siel wat my sien
in my toegevoude gewaad van eensaamheid.
Mense beweeg stadig voor my verby
en my stem ego in die hol leegte rondom my,
raak verlore voor hulle dit kan hoor.
Ek sit hier in my hoekie van duisternis
en wag vir jou.
Friday, March 16, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment