Ek sit hier op my winter stoep.
Die somer son bak op my neer,
maar my lyf bly koud.
My siel bibber in die skroeiende somer son.
Tyd vat my hand,
loop vorentoe,
dan agteruit,
na dit wat moet kom,
en dit wat was...
Terug na daardie dag
van my groot val.
Of was dit nou die dag
van my groot opstaan.
My rebellie teen tyd.
Die dag wat alles gaan stil staan het.
My hart wil net weg hardloop,
maar my lyf sĂȘ bly.
Ek sit hier op my winter stoep.
Die somer son bak op my neer.
My lyf wil opstaan
maar die koue in my siel...
druk my weer neer.
Sunday, November 18, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment